Kruiskyk.tv PDF Print E-mail

Belangrike Inligting

Dis vir ons ‘n aangename voorreg om aan te kondig dat Kruiskyk nie net die eerste 24-uur Afrikaanse Geestelike TV kanaal in Suid-Afrika is nie, maar ook die eerste Afrikaanse TV kanaal wat in die nabye toekoms in Australië en Nieu-Seeland gaan uitsaai. 

Na deeglike ondersoek is bepaal dat daar ongeveer 150 000 Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners in Australië en duisende in Nieu-Seeland is. Ons is die Here dankbaar vir tegnologie wat dit moontlik maak om vanuit Pretoria na Suider-Afrika en in die nabye toekoms ook na Australië en Nieu-Seeland, die Goeie Nuus deur middel van satelliet TV, uit te saai. 

Ons vertrou dat die Here ook tov die finansies sal voorsien, soos met Kruiskyk SA.  As gevolg van die besondere navraag van Kruiskykers om by te dra tot die bespoedigde realisering van Kruiskyk Internasionaal, stel ons die bankbesonderhede aan u beskikbaar: 

Kruiskyk

National Bank Of Australia – (NAB)Rekening: 168395413

Tak: BSB 084126 

(Hierdie bank info is slegs vir inwoners van Australië) 

 

Maak gerus met ons kontak of gesels sommer net . . . This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

 

Kruiskyk TV is meer as alternatiewe televisie. Dit is televisie met 'n hart en siel.